Donderdag ~ 18 April 2019

Langnaweek hier kom ek. Wees reg vir my want al wat ek gaan doen omtrent is slaap, lees, Netflix, fliek, eet en rustig wees.

Ek gaan nog ‘n paar dinge doen soos om byvoorbeeld my foon aflos en minimaal op sosiale media wees. Ek skuld dit aan myself want ek doen nooit dinge byna nooit vir myself nie. Ek is heeltyd besig met ander dinge, maar dink amper nooit aan myself nie.

Ek sien dit geensins as selfsugtig as ek iets vir myself hê of dinge vir myself doen nie. Myself vir ‘n verandering heel eerste stel. As ek wil tot laat toe slaap, gaan ek dit doen sonder om skuldig te voel. As ek net wil lui wees en heeldag lees, sal ek dit doen. As ek heeldag Netflix kyk onder my duvet terwyl die reën saggies buitekant val, sal ek dit doen sonder om skuldig te voel.

Vir die volgende vier dae voel ek dat ek niemand enige iets in die lewe skuld nie. Ek skuld net ‘n paar dinge vir myself en dit is om behoorlik te rus en dinge in perspektief te stel.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s