Maandag ~ 15 April 2019

Daar is amper nooit ‘n vaal en vervelige oomblik in Kaapstad nie. As dit nie ‘n filmspan is met hul hordes kameras, mense, booms en hordes drade wat jou soos ‘n hekkies atleet spring en hardloop, dan is dit ‘n protes aksie of twee.

Soos met hierdie ene vanmiddag op die hoek van Wale en Adderley Straat in Kaapstad. Eers het ek nie ‘n idee gehad waaroor hierdie protes aksie gegaan het nie. Al wat ek kon sien was mense wat in die middel van die straat gesit het, met van hulle wat later gelê het met plakkate. Dit was baie vreedsaam met ‘n gesang en iemand wat ‘n woord of twee gespreek het.

Ek het later uitgevind dat dit ‘n protes aksie gereël was deur die Unite Behind organisasie uit solidariteit vir Pieter-Louis Myburgh se boek, Gangster State, wat ek glo so ‘n paar vere geskud het onder ‘n sekere party.

En dalk is dit ‘n goeie ding want mense kan net so baie korrup wees voordat dit hulle in die agterent byt. Ek is bly mense is op soeke na die waarheid. Ons almal is. Suid-Afrika is ‘n mooi land, maar ongelukkig is daar net so baie vrot kolle in dit.

Ek was bly dat ek daar was vanmiddag en ek is bly om te sien mense trek die streep en sê genoeg is genoeg.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s