Vrydag ~ 12 April 2019

Genadiglik is dit Vrydag. Genadiglik is die week verby. En genadiglik was hierdie week genadig met my. Ek was darem ‘n bietjie meer positief gewees, alhoewel dinge nog nie heeltemal 100% is nie. Al wat nou op hierdie oomblik tel, is dat dit naweek is.

Ek kan rus. Ek kan reekse binge watch op Netflix en ek kan nie myself bekommer wat volgende week gaan bring nie, want ek weet volgende week die tyd lê ek nog heelwaarskynlik nog vas aan die slaap met die voëltjies wat sing, of hopelik die reën wat op die dak val.

Ek kan Spar paaseiers eet totdat dit by my ore uitkom. Ek kan koffie drink asof daar geen môre is nie. Ek kan heeldag lê en flieks kyk en ek kan heeldag net lui wees en boek lees.

Maar die belangrikste van dit als, ek kan my batterye herlaai want my energie vlakke is maar baie laag.

So ek beplan om dinge net baie rustig te vat hierdie paasnaweek. Want dit is tyd vir rustig wees en familie. En dit is al wat saakmaak vir my.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s